Hebreërs 13 :
4 Die huwelik moet deur almal eerbaar
gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en
egbrekers sal onder die oordeel van God kom.
Daar word
beweer dat tussen 50 en 66% van huwelike in egskeiding eindig. In 2011 is 20 980 egskeidings toegestaan wat
18 571 kinders geaffekteer het. Volgens
2010 statistiek het 27.3% huwelike tussen 5 en 9 jaar geduur , terwyl 20%
minder as 5 jaar geduur het.
Hierdie statistiek bevestig amper dit wat ons deesdae al meer sien. Bekendes se huwelike word gedeel in tydskrifte, koerante en op TV en skaars 'n paar maande later skei daardie 'gelukkige' paartjie. Dalk is hul
omstandighede nie so uniek nie; net meer in die publieke oog as die deursnee
huwelik.
Waar lê die
probleem? Gee ons te maklik op? Is ons so selfsugtig dat ons eenvoudig
wegstap as dinge nie volgens ons manier verloop nie? Ken ons mekaar goed genoeg voor ons
trou? Het ons uitmekaar gegroei? Is daar te veel verskille? Het die ouers of skoonouers te veel
ingemeng? Is ons eenvoudig
verveeld? Of soek ons net verskonings?
Of dalk moet daardie sinnetjie in die huweliksbelofte eenvoudig verander word na ‘tot die hof ons skei.’
Of dalk moet daardie sinnetjie in die huweliksbelofte eenvoudig verander word na ‘tot die hof ons skei.’
Ek wens ek het
die antwoord(e) gehad. Om te oordeel is
ook nie my plek nie. Wat ek wel weet, is
dat elkeen wat die ja-woord gee, dit met die nodige respek en erns moet doen. Doen alles wat jy kan om seker te maak dit is
die regte persoon… met wie jy die res van jou lewe wil, kan en sal deel. Egskeiding was nog nooit ‘n oplossing nie.
No comments:
Post a Comment