Matteus 15 :
20 Dít is die dinge wat 'n mens onrein
maak, maar om met ongewaste hande te eet, maak 'n mens nie onrein nie.”
Op ‘n stadium
vra die Fariseërs en skrifgeleerdes vir Jesus hoekom Sy dissipels nie die
tradisies volg soos byvoorbeeld om hul hande te was nie. Jesus antwoord hulle: “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar
hulle hart is ver van My af. Hulle
godsdiens is blote skyn, want hulle hou menslike dogmas voor as wette van God.” Later sê hy ook: Wat van buite af in jou ingaan, kan jou nie
onrein maak nie; wat uit jou gaan – wat jy sê en doen – dit is wat jou onrein
maak.”
Toe Sy
dissipels dit steeds nie verstaan nie, het Jesus gesê: “Uit jou hart, kom slegte gedagtes, soos
onsedelikheid, diefstal, moord, huweliksontrou, gierigheid, slegte bedoelings,
skelmstreke, ongedissiplineerdheid, jaloesie, vloekery, hoogmoed en dwaasheid. Dit is wat jou voor God onrein maak.” (vers 19)
Ons kan
allerhande tradisies volg soos om elke Sondag as gesin kerk toe te gaan,
nagmaal te gebruik, ons kinders laat doop en Sondagskool toe stuur. Later kan hul aangeneem word en volwaardige
lidmate van die kerk word. As ons egter
nie kyk na ons daaglikse gedrag en optrede teenoor ander nie, gaan dit geen
verskil aan ons saligheid maak nie.
Die dinge wat
Jesus in hierdie vers noem, is elkeen van ons in ‘n mindere of meerdere mate aan
skuldig, dus is daar nog baie werk wat vir ons voorlê. Vers 19 behoort die gids te wees waarvolgens ons leef. Is dit 'n uitdaging? Verseker! Laat ons hande vat en saam probeer... mekaar herinner... mekaar dra...sodat ons aandag kan skenk aan
dit wat ons onrein maak.
Here, reinig
my van alle ongeregtighede asseblief.
No comments:
Post a Comment