Eksodus 20:13
“Jy mag nie moord pleeg nie.
Vanmiddag
tref ‘n plakkaat teen ‘n lamppaal my aandag.
Abortions, same day, painless…
Ek
kan nie oordeel as iemand ‘n aborsie oorweeg of ondergaan het nie. Almal se omstandighede is verskillend en
iemand wat wel op daardie punt kom, moet absoluut desperaat wees. Vir so iemand moet dit na die enigste uitweg
lyk.
Deur
absolute genade hoef ek nooit so ‘n besluit te geneem het nie. Ek het wel ‘n miskraam gehad. Die fisiese pyn van ‘n miskraam is niks in
vergelyking met die lewenslange pyn daarna nie.
Die gemis gaan nooit weg nie. Sestien
jaar later dink ek steeds aan die mensie wat nooit ‘n kans op lewe gehad het
nie.
Hoe
kan enige iemand aborsie as pynloos adverteer?
Ek kan nie dink dat die emosionele pyn ooit sal weggaan nie. Wat as jy dit berou?
Indien
jy dalk daardie moeilike besluit moet neem, wil ek jou aanmoedig om ander
opsies te oorweeg. Ek is seker daarvan
daar is ‘n kinderlose paartjie wat jou babatjie met liefde sal oorlaai.
Niks
kan so erg wees dat jy ‘n mens se lewe kan neem nie. Moenie dat iemand jou vertel dat die fetus
nog nie ‘n mens is nie. God het daardie
mensie in jou moederskoot gevorm en hy/sy is kosbaar.
No comments:
Post a Comment