1 Korintiers 3 :
7 Dit gaan dus nie om die een wat plant
of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei.
Ywerige
tuiniers sal weet dat jy die grond kan voorberei met die beste bemesting, maar
as jy nie natmaak nadat jy geplant het
nie, is al jou harde werk verniet. Dus
woeker ons met die grond, maak nat, spuit plaagdoders en as ons gelukkig is, is
daar iets om te oes. Daar is niks
lekkerder as om jou eie groente of vrugte te oes nie.
Min besef
ons dat daar niks sou wees om te oes as God nie by die groeiproses betrokke was
nie. Jy sien, as ek en jy ons kant
bring, sal God ook Sy kant bring. Geen
boer sal ‘n enkele graankorrel oes as hy op die stoep bly sit nie. Geen boer sal egter ‘n wingerd in die middel
van ‘n woestyn aanle nie. Jy plant dit wat
aard in die omgewing. Solank ons binne
God se wil bly, sal ons sukses behaal.
“Make sure you are doing what God wants you to
do--then do it with all your strength.” ― George Washington
No comments:
Post a Comment