Johannes 15 : 7 As julle in My bly en my woorde in julle, vra
dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.
Hierdie tyd van die
jaar is mense gewoonlik op hul laaste bene.
Dit voel asof die jaar eenvoudig te lank was en net nie einde kry
nie. Alles en almal irriteer jou en jy’s
oor sensitief.
Sien dit as ‘n tyd
waartydens jou karakter ontwikkel word en ‘n geleentheid om te groei in
geloof. Ons kan maklik in die omstandighede
vasgevang raak, maar die toets is om gefokus te bly. Al voel dit ook of jy twee tree vorentoe en
drie teruggee, moenie moed verloor nie.
As julle in my bly en my woorde in julle… die woordjie ‘bly’, dui op vastigheid… om nie
te wankel nie. Fokus op God. Mediteer op Sy woord. Hy sal jou deurdra na ‘n plek van
kalmte.
Dit verg getrouheid en
onwrikbare geloof van ons. Wanneer ons
bly glo, bly vertrou, bly vashou, kan God sien dat ons op Hom vertrou.
No comments:
Post a Comment