Romeine 12 : 6 Ons het genadegawes wat van mekaar verskil
volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van
profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons
bely.
Die sleutel tot ‘n
gelukkige, vervulde lewe, is eintlik eenvoudig.
Wees net die mens wat God bedoel het jy moet wees. God het so ‘n unieke plan met elkeen van ons
dat Hy verskillende genadegawes vir elkeen van ons gegee het.
Jy hoef nie iemand
anders te wees, of soos iemand anders te wees nie. Ons kan nie almal vir die Springbokke speel
nie… ons kan nie almal die baas wees nie, maar ons kan wees wie God wil hê ons
moet wees. Wanneer jy jouself is, kom
daardie genadegawes na vore en vind jy wie God jou bestem het om te wees.
Soms mors ons
soveel tyd omdat ons probeer om iemand
anders te wees. Ons gee voor en probeer
mense beindruk, maar dit is nie volhoubaar nie.
In die proses raak ons diep ongelukkig en mis ons uit op ‘n gelukkige
lewe.
No comments:
Post a Comment