1 Kronieke 14 : 11 “God het my vyande met my hand gekloof soos water 'n wal kloof!” Dit is waarom hulle daardie plek Grootkloof noem."
In hierdie
hoofstuk staar Dawid die onmoontlike in die gesig. Hy en sy manne moet teen ‘n reuse mag Fillistyne
gaan baklei. Hierdie was anders as toe
hy teen Goliat te staan gekom het. Op
die oog af het Dawid se klein groepie manne nie ‘n kans gestaan teen die oormag
Fillistyne nie. Al wat Dawid gehad het
was ‘n belofte van God om saam met hulle te gaan.
Plaas jouself
in Dawid se skoene. Jy is oor vyftig en
jy doen aansoek vir werk. Wat is die
kans dat jy daardie pos gaan kry?
Volgens jou bankrekening het jy minder as R100 vir die maand oor. Hoe op dees aarde kan jy ‘n familie onderhou
vir die res van die maand? Die eienaar
van die huis waarin jy woon het vir julle kennis gegee en jy het nêrens om heen
te gaan terwyl die einde van die maand nader kruip. En God verwag jy moet bly glo dat Hy die pad
saam met jou stap! Wat help dit as tyd
besig is om uit te hardloop?
Die verskil
tussen jou/my en Dawid is dat Dawid God onvoorwaardelik vertrou het.
Met ‘n ooglopende minderheid, en God se
belofte, het Dawid die Fillistyne aangeval… en as oorwinnaar uitgetree. Ek en jy gee op nog voor ons daardie oormag
aangedurf het. God verwag van ons om te
vertrou…teen alle logika in.
Soos God vir
Dawid deurgekom het, sal hy ook vir jou deurkom. Glo… vertrou… moenie moed opgee of dink dit
is onmoontlik nie.
Here, rig
asseblief my voetstappe… versterk my geloof terwyl ek die onmoontlike vreemde
aandurf.
No comments:
Post a Comment