Jesaja 40 : 29 Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié
wat nie meer kan nie
Voel jy
dalk asof jy jouself in ‘n hoekie ingeverf het?
Dink jy dit is onmoontlik om uit jou situasie te kom? Dis nie moeilik om so te voel nie. Rondom ons val die lewe uitmekaar. Wat ons egter vergeet, is dat God binne
hoorafstand is. Al wat ek en jy moet
doen, is om uit te roep na Hom: “Here, help
my! Ek kan nie meer nie!”
In plaas daarvan om ons mismoedigheid teenoor God te erken, uiter ons dit meeste van tyd sommer net in die algemeen teenoor vriende, familie, kennisse... maar wat van teenoor God!
In plaas daarvan om ons mismoedigheid teenoor God te erken, uiter ons dit meeste van tyd sommer net in die algemeen teenoor vriende, familie, kennisse... maar wat van teenoor God!
Dit maak
nie saak hoe groot of onoorkombaar die struikelblok voor jou lyk nie. Roep uit tot God. Vertel Hom hoe mismoedig en uitgeput jy
is. Laat Hy weet hoe uitgeput na liggaam
en gees jy is. Vra Hom om in te gryp en
oor te neem. Dit is wanneer jy sal voel
hoe sy krag jou verfris en vernuwe.
No comments:
Post a Comment