Psalm 145 : 2 Elke dag wil ek U loof, ek wil u Naam altyd
prys.
Dit is amper
outomaties om God te wil loof en prys wanneer dit goed gaan. Wat die hart van vol is, loop die mond immers
van oor. Maar wat maak ons wanneer ons
lewensboodjie besig is om te sink?
Terwyl die Titanic
besig is om te sink weerklink sirenes oorverdowend terwyl aankondigings oor
megafone mense aanmoedig om kalm te bly… of hul vra om ordelik aan te tree vir
die paar reddingsbootjies… Pandemonium heers terwyl mense heen en weer hardloop op soek na geliefdes of reddingsbaadjies. Te midde van al die chaos, staan die orkes
kalm en speel. Saam met die Titanic, het die orkes ook ‘n
watergraf tegemoet gegaan.
Miskien is die
antwoord dat hulle daarop gefokus het om God te loof, eerder as om
paniekbevange te raak. Miskien het hul
geweet waarheen hul op pad was. Ek glo
dat hul daardie vrede ervaar het wat absolute verstand te bowe gaan. Hoe anders sou hul daar kon bly staan en
musiek maak?
No comments:
Post a Comment