Matteus 5 : 6 Geseënd is die wat
barmhartig is, want aan hule sal barmhartigheid bewys word.
Elke keer dat ek die winkel besoek let ek op dat my
inkopies duurder word. Dit maak dat my
keel toetrek. Ek kan myself nog onder
die bevoorregtes reken, want ek het immers ‘n vaste maandelikse inkomste. Hoe gemaak as jy geen inkomste het, of slegs
‘n toelaag ontvang.
Staatspensioen beloop tans net oor R1400 pm. Kinder- en ander toelaes is veel minder. Kan jy jouself indink hoe jy oorleef met so
‘n bedrag? Noodgedwonge is hierdie mense
van ander afhanklik. Ek kan nie vir een
oomblik dink dat dit vir so iemand maklik is nie.
Jesus het soveel barmhartigheid betoon terwyl hy
hier op aarde was. Indien ons, onsself
Christene noem, wat meer en meer soos Hy wil word, dan moet ons ook
barmhartigheid betoon.
Jy hoef nie vir iemand geld te gee nie. Koop vir hul basiese kos items, of as jy
werklik omgee, nader iemand wat by ‘n robot bedel en vra wat hul nodig het
sodat jy dit vir hul kan koop.
God seen my mildelik en die minste wat ek kan doen
is om tot seën vir ander te wees.
No comments:
Post a Comment