Handelinge 3 : 19 ”Kom tot inkeer
en maak reg met God sodat julle sondes uitgevee kan word.”
Vandag wil ek ‘n beroep op jou doen. God het jou by die naam geroep. Jy is Sy geliefde kind. Hy wil nie sien dat jy verlore gaan nie.
Gebruik hierdie geleentheid om tot bekering te
kom. Bely jou sondes voor Hom. Dit maak nie saak hoe sondig jou verlede is
nie. God sal dit uitvee asof dit nie
bestaan het nie. Hy wil jou net aan Sy
bors druk en verseker: “dis in orde, my kind.
Jy’s veilig. Ek is so lief vir
jou.”
Dierbare Hemelse Vader, vandag buig ek in
ootmoediging voor U neer. Ek bely elke
enkele sonde voor U… die waarvan ek weet (noem dit by die naam), maar ook die
waarvan ek nie eens weet nie. Maak my
witter as sneeu, Here. Ek weet dat ek
swak is en weer mag struikel, maar ek weet ook dat ek U kan vra om my sterk te
laat staan teen versoeking. Dankie dat
ek U Vader mag noem. Amen.”
No comments:
Post a Comment