1 Korintiërs 4 : 7 Wat maak jou
beter as enige ander gelowige? Wat het
jy wat God nie aan jou gegee het nie? En as dit dan aan jou gegee is, hoe spog
jy dan asof jy op eie houtjie presteer het?
Ons het so pas huis gekoop. My nuwe kar is ‘n... Ek het uiteindelik die bevordering gekry
waarvoor ek so hard gewerk het.
Uiteindelik het ek matriek geslaag / graad gevang. Ek het die regte keuse gemaak toe ek my vrou
getrou het. Ek het ‘n merietebonus
gekry.
Hierdie is alledaagse uitlatings. Meeste van tyd eien die spreker hom/haarself
die krediet toe. Dit gaan oor hoe goed
of oulik ek is en wat ek bereik het.
Meeste mense streef daarna om hulself en hul
omstandighede te verbeter. Hulle sal enige
iets doen om hul drome te verwesenlik.
Christen of nie-christen… almal sal seisoene van voorspoed en teespoed
ervaar. Jy ken immers die gesegde: “die duiwel sorg vir sy kinders”.
Wel, ek het nog nooit ‘n nie-christen eers die
duiwel die eer hoor gee nie. Dit gaan net om hulle.
Aardse besittings kan egter oornag verdwyn. Gee aan God die eer vir die deure wat hy vir
jou oopmaak of die geleenthede wat Hy oor jou pad bring. Jy is nie beter of gelukkiger as ander nie,
net meer begenadig.
1 Korintiërs 1 : 31 “Die persoon
wat graag wil spog, mag net spog oor wat die Here vir hom gedoen het.”
No comments:
Post a Comment