Genesis 12 : 1 Terwyl hulle nog
in Egipte was, het die Here vir Moses en Aaron gesê…
Abraham is beslis ‘n geloofsheld. God maak een van die eerste verbonde met
hom. Ek weet nie of jy Abraham se
geskiedenis ken nie, maar God het met Abraham se pa ook gepraat oor die
verbond, nog lank voor Hy met Abraham daaroor gepraat het. Abraham se pa het ‘Ur verlaat in die rigting
van Kanaan.” Sy pa was op pad na die
beloofde land! Maar dan lees ons dat hy
op pad gestop het en in Haran gebly het.
Hoekom stop hy daar? Hy was moeg vir die gesukkel. Dit was nie maklik om met troppe vee, familie
en besittings te trek nie. Uiteindelik
het hy net op ‘n punt gekom wat hy gedink het:
“Tot hiertoe en nie verder nie.
Dis nou wel nie die beloofde land nie, maar dis ok.”
Is dit nie ‘n weerspieëling van ons eie lewe en
manier van doen nie? Ons spring vuur en
vlam weg met groot drome en vol durf.
Langs die pad gebeur dinge wat ons ontmoedig. En uiteindelik gee ons op of maak vrede met
tweede beste.
Nee! Vandag
wil ek bietjie daardie assies hard blaas sodat jou drome weer kan opvlam. Jy gaan nie boedel oorgee nie. Jy gaan dit al die pad tot in jou beloofde
land maak. Komaan!
No comments:
Post a Comment