Hebreërs 12 : 2 Die oog gevestig
op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof
Wat hou die toekoms vir jou in? Waarop hoop jy? Waaroor droom jy?
Ek lees dat Roeleen Strauss en haar verloofde hul
toekoms altyd haarfyn beplan. O.a. het
hul beplan: sy gaan deelneem aan Mej
Suid-Afrika en wen, verloof raak, dan die Mej Wêreld titel verower... Hul kan op die jaar terugkyk en tevrede wees,
want alles het uitgewerk soos hul beplan het.
In die nuwe jaar gaan sy haar studies voltooi en trou…
Daar is niks met beplanning, ambisie of visie
verkeerd nie, maar waar pas God in die prentjie in?
Maak God deel van jou prentjie. Hy is heeltemal ten gunste daarvan dat ons
droom en hoop op groot dinge. Sy planne
vir ons hou net goeie dinge in. As ons
dus ons planne met Syne sinchroniseer kan ons soveel meer bereik.
No comments:
Post a Comment