Prediker 7 : 14 En as daar ‘n dag
van teëspoed kom, sien dit so: soos die
een het God ook die ander gegee.
Met die aanbreek van die nuwejaar, is dit asof ons
reken dat alle teëspoed in die oujaar agter gelaat word. Die nuwe jaar gaan net voorspoedig wees. Daarom wens ons immers mekaar ‘n voorspoedige
nuwejaar toe.
Realiteit is dat goeie en slegte tye mekaar soos
seisoene afwissel, wel miskien nie heeltemal nie, want jy ervaar dalk herfs,
winter, winter, winter, herfs, winter en wonder wanneer die lente of somer in
jou lewe gaan aanbreek.
Omdat ons voortdurend op voorspoed bly hoop, soos
‘n dobbelaar hoop op die groot slag wat hy gaan slaan, bly ons
teleurgesteld. Wanneer ons besef dat dit
nie altyd goed kan gaan nie… dat jy nie altyd kan wen nie… dan is ons meer
realisties en nie so teleurgesteld nie.
En wanneer jou lente of somer dan aanbreek, waardeer
jy dit soveel te meer. En onthou, God is
met jou elke dag, of dit nou ‘n goeie of ‘n slegte een is.
No comments:
Post a Comment