Prediker 4 : 9 - 10 Twee is beter
as een. Saam bereik hulle meer. As een
mens val, kan sy vriend hom ophelp. Maar
as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie.
Valentynsdag is wonderlik as jy iemand in jou lewe
het… iemand wat jy kan bederf en wie jou ook kan bederf. Die media en winkels het Valentynsdag verhef
tot so ‘n mate dat jy skuldig voel as jy nie iets spesiaal vir jou geliefde sou
doen nie.
Met al die fokus op Valentynsdag en die publisiteit
wat dit kry, kan diegene wat nie in ‘n verhouding is nie, voel dat hul uitmis
op iets baie spesiaal. Ons kan egter
elke dag Valentysdag geniet deur liefde te betoon waar ons ookal gaan.
Dit gaan oor veel meer as rooi rose en
sjokolade. Dit gaan oor iemand wat jou
mede-reisiger is op jou lewenspad. Dit
is daardie persoon wat jou sien op jou slegste tye en jou steeds
onvoorwaardelik liefhet.
Soos die man wat ‘n boek geskryf het wat sy vrou
altyd wou skryf terwyl sy nog geleef het.
Ongelukkig het ‘n terminale siekte haar droom gekelder, maar hy het haar
droom deurgevoer. Dit is vir my die
ultimate liefdesdaad. Toe sy struikel,
het hy namens hul albei die wedloop enduit voltooi.
Ouers wat gestremde kinders versorg… ‘n vriend of
vriendin wat daar is as jou lewe ontspoor… iemand wat daar is as jy ‘n geliefde
aan die dood afstaan… iemand wat ‘n hand uitreik na diegene wat ander vermy of
verstoot… hulle is die ware Valentyne!
Of ons dit nou wil erken of nie… ons het almal een
of ander tyd iemand nodig wat ons kan ophelp as ons struikel.
No comments:
Post a Comment