Psalm 68 : 19 U het
krygsgevangenes weggevoer, mense het vir U geskenke gebring, selfs dié wat teen
U in opstand was. Toe het U opgegaan na die hoogte om daar te woon, Here God!
Wanneer jy jou lewe leef tot eer van God, Sy Woord
gehoorsaam, en ‘n lewe van integriteit en uitnemendheid leef, sal jy vind dat
seëninge jou as’tware inhaal. Jy sal nie
kan wegkom van God se hand van oorvloed nie.
Hy sal jou so bederf dat jy later sal begin skaam voel. Moenie, dit is Sy manier van dankie sê vir
jou getrouheid.
Mense is knaend op soek na geluk. Hulle sal geluk soek in verhoudings, geld,
besittings… Hulle soek op die verkeerde
plek. God is geluk. Sodra jy God gevind het, het jy geluk ook
gevind. Die skrif sê dit ook. As God die middelpunt van jou lewe is, val
alle ander dinge in plek.
Begin om alles wat jou aandag van God aflei eenkant
toe te stoot. God sal hierdie dinge aan
jou openbaar. Dit kan dalk moeilik wees, maar moenie aan versoeking toegee
nie. Jy kan nie vashou aan hierdie goed
nie, want dan is daar nie plek vir God in jou lewe nie. Daar moet niks in jou lewe wees wat
belangriker is as God nie.
Sodra jy hierdie minimalistiese leefstyl bereik
het, sal jy God se hande sien oopgaan.
No comments:
Post a Comment