1 Kronieke 28 : 20
Moenie bang wees nie en moenie besorg wees nie, want God die Here, my God, is by jou. Hy sal jou nie aan jouself oorlaat of jou verlaat nie…
Moenie bang wees nie en moenie besorg wees nie, want God die Here, my God, is by jou. Hy sal jou nie aan jouself oorlaat of jou verlaat nie…
Wat ‘n blye
versekering! God sal nooit ons hand laat
los nie.
Eendag staan ‘n pa en sy seun
op die wal van ‘n rivier in vloed. Hulle
moes dringend aan die ander kant kom. Die
pappa het die seuntjie beveel om sy hand styf vas te hou as hulle deur die
rivier beweeg. Toe sê die seuntjie: “Pappa hou jy liewer my hand vas.” Die pa vra toe wat die verskil is of hy die
seun se hand vashou en of die seun sy hand vashou. “Want Pappa, as jy my hand vashou sal jy
nooit laat los nie, maar as ek jou hand vashou sal ek dalk laat glip.”
As God jou hand vashou, kan jy verseker wees
dat Hy nooit sal laat gaan nie. Sy
oneindige liefde sal dit nie toelaat dat jy wegdryf van Hom nie. Maak nie saak wat gebeur nie...
No comments:
Post a Comment