Spreuke 27 : 17 Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.
Om ‘n instrument
in God se hand te wees, beteken dat jy hoë temperature sal moet weerstaan en
dat jy gehamer en geslyp sal word. ‘n
Hamer en bytel waarmee die kunstenaar die pragtige beeld skep, word nooit op ‘n
plaatjie by die beeld vereer nie, die kunstenaar se naam word wel vermeld. So is ek en jy slegs ‘n instrument in Sy
hande en moet ons nie verwag om vereer te word as instrumente nie.
Ons is gereedskap. Sonder gereedskap kan daar egter nooit ‘n
pragtige beeld wees nie. Gereedskap lê
partymaal in onbruik, ander kere word dit daagliks gebruik. Wees net beskikbaar, gewillig, wanneer die
Meester jou en my benodig. So het ons
deel aan die skepping en wonderwerke in wording. Laat U Wil geskied.
No comments:
Post a Comment