Romeine 2 : 5
Maar deur jou verharding en jou onbekeerlike hart is jy besig om vir
jouself straf op te gaar vir die oordeelsdag, wanneer God sy regverdige oordeel
sal uitspreek.
Ten spyte daarvan
dat die Woord wyd verkondig word en Suid-Afrika bekend staan as ‘n Christelike
land, is daar steeds mense wat leef asof daar nooit ‘n oordeelsdag sal wees
nie. Vandag wil ek ‘n beroep op jou
doen, wat nog nie tot bekering gekom het nie.
Selfs al breek die oordeelsdag nie in jou leeftyd aan nie, kan ek jou
verseker, God kom weer en dan kom Hy om diegene te haal wat vir altyd saam met
Hom in die Hiernamaals sal leef. Jy wil
nie die donker en verlate dieptes van die hel tegemoet gaan nie. Nie jy of ek weet wanneer ons laaste dag sal
aanbreek nie. Moenie tot dan wag
nie. Leer God nou ken. Roep Hom aan.
No comments:
Post a Comment