1 Korintiërs 13 : 13 En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie
drie. En die grootste hiervan is die liefde!
Leo Buscaglia, (afgestorwe professor by die
Universiteit van Suid Kalifornië, sielkundige, motivering spreker en skrywer
van verskeie boeke) vertel
die verhaal hoe hy besluit het om die Universiteit se Dekaan elke dag ‘n
drukkie te gee. Die eerste dag het die
man weggebeur en was hy wantrouig.
Mettertyd het hy die drukkie beantwoord en toe Leo Buscaglia die dag weggaan, het hy gevra wie hom nou ‘n
drukkie gaan gee?
Selfs die mees geharde
persoon het liefde nodig. Reik uit na
iemand wat op die oog af geen liefde nodig het nie en jy sal verbaas wees hoe
jou eie lewe verryk word.
No comments:
Post a Comment