Matteus 13 : 9 "Wie ore het, moet luister!"
Wanneer jy met
iemand redeneer, kan jy nie hoor wat daardie persoon sê nie. Is jy besig om met Hom te redeneer? Jy moet fyn luister om Sy stem te hoor. Hy praat gereeld met jou. God het ons met goeie rede geseën met twee ore
en een mond. Dit is sodat ons twee keer
soveel sal luister as wat ons praat. God
antwoord egter nie altyd soos wat ons dit wil hoor nie.
Daar was ‘n klein seuntjie, wie se ouers baie
arm was. Ten spyte daarvan het hy
gedroom van ‘n nuwe fiets vir Kersfees.
Sy ouers sou dit nooit kon bekostig nie, maar hy’t so vas geglo dat Hy
Liewe Jesus vir enigiets kon vra en dit sal ontvang dat hy vir sy maatjie
vertel het dat Liewe Jesus vir hom ‘n fiets vir Kersfees sou gee. Kersoggend kom die maatjie opgewonde by hom
aan om na die nuwe fiets te kom kyk.
Daar is geen fiets nie. “Liewe
Jesus het jou seker nie gehoor toe jy Hom gevra het nie,” sê die maatjie.
En toe antwoord hierdie seuntjie met die
wysheid waaroor min van ons beskik:
“Liewe Jesus het gehoor. Hy’t net
gesê, nie nou nie.”
No comments:
Post a Comment