Romeine 8 : 28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk
vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.
Hoekom na ander
kyk om die eerste stap te neem? Daar is
‘n spreekwoord in Engels wat lui: “If it
is to be, it’s up to me.”
Niemand kan
besluite namens jou neem nie. Niemand
kan jou motiveer nie. Wees jou eie beste
vriend. Daar is genoeg mense wat jou
gaan probeer onderkry, hoekom moet jy ook nog so hard op jouself wees?
Jy moet egter verantwoordelikheid neem vir
jou eie lewe en dade. Deur op jou knieë
te bly, kan jy God in alles ken en dan is keuses en besluite soveel
makliker.
As elkeen van ons ons Christelike
geloof uitleef, m.a.w. leef soos God van ons verwag, dan sal die wêreld vir almal
‘n beter plek wees.
No comments:
Post a Comment