Maleagi 3 : 18 Dan sal julle weer die verskil sien tussen
wie goed doen en wie goddeloos is, tussen wie My dien en wie My nie dien nie.
Daar was een maal
‘n man wat langs die strand gestap het en toe hy sien dat daar honderde see stêrretjies
op die sand lê, begin hy hulle een vir een terug gooi in die see. ‘n Ander man kom toe na hom en vra: “Hoekom doen jy dit? Hoekom mors jy jou tyd om die see stêrretjies
terug te gooi? Dit is ‘n onbegonne taak
en jy kan hulle nooit almal red nie.”
Die eerste man het voortgegaan om die see stêrretjies terug te gooi en
toe hy een weer in die branders sien verdwyn, sê hy: “nee, ek kan nie, maar dit maak ‘n verskil in
daardie een se lewe.”
Jy kan nie almal
se lewens aanraak of verander nie, maar jy kan ten minste jou bes probeer met
diegene wat jou pad kruis.
No comments:
Post a Comment