Lewe jy ‘n lewe
van sussie-ek-is-jammer-dat-ek-leef lewe?
Voel jy skuldig en kan jy jouself nie vergewe nie? Dra jy so swaar aan skuldgevoelens dat jy
niemand in die oë kan kyk nie?
Neem
vandag ‘n besluit om die saak na Jesus te neem.
Voor jy met Hom begin praat, sit daardie pakkasie aan Sy voete
neer. Praat nou jou hart uit. As jy klaar is, staan op en draai jou rug op
die verlede. God sal daarvan ontslae raak.
Psalm 147 : 3 Hy genees die
gebrokenes van hart en verbind hulle wonde.
‘n
Professor het ‘n leë glas vasgehou en aan studente gevra hoe swaar dit is. Nadat hulle geraai het, vra hy hulle wat sou
gebeur as hy die glas heeldag vashou?
Heel week? ‘n Maand? Het die glas swaarder geword? Nee, maar enige iets wat jy lank vashou sal later voel asof dit swaarder is.
Wat moet jy doen om van die pyn ontslae te raak wat noodwendig met tyd
sal kom? Sit die glas neer. En so moet jy ook jou probleme neersit anders
kan dit jou siek maak.
No comments:
Post a Comment