Habakuk 2 : 3 Die openbaring geld
vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig
bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.
My kind is lief vir ‘soet’ springmielies. Ek skiet die mielies en dan maak ek ‘n stroop
van versiersuiker, water en kleursel.
Jou tydsberekening moet egter perfek wees. Kook die stroop te kort, het jy ‘n klomp nat
springmielies. Kook jy dit te lank, het jy sandsuiker.
Net so is God se tydsberekening perfek. Vervul Hy ons drome te gou, is ons nog nie
gereed daarvoor nie. Neem Hy te lank, is dit nie meer nodig nie. God alleen weet wanneer ons gereed is en dan
sal dit gebeur.
Maak nie saak hoe lank jy reeds wag nie, dis nog
nie te lank nie. Dit waaroor jy droom,
is wat Hy in jou hart geplaas het, so hoekom sal Hy dit nie vir jou gee nie?
Solank as wat jy aan jou drome vashou en voor jou
geestesoog sien hoe dit vorm aanneem, is daar nog hoop. Al wat God van jou verwag is om geduldig te
wees. Dit kom beslis… so sê Hy en so sal
dit wees.
No comments:
Post a Comment