2 Korintiërs 10 : 5 en elke
hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke
gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.
Sodra ons toelaat dat ons omstandighede ons
gedagtes oorheers, verloor ons beheer oor ons lewens. Dis ‘n aanval teen die kennis van God. Dis tyd dat jy jou gedagtes beheer. Neem
beheer oor jou lewe terug.
Ons is wel deel van die wêreld, maar as gelowiges,
is ons nie beperk tot hierdie wêreld en die omstandighede waarin ons, ons
bevind nie. Mediteer daagliks op die
Woord van God en laat toe dat Sy waarheid by jou insink sodat jy totaal vry kan
wees. Sy waarheid maak jou vry.
Van hierdie oomblik af neem jy beheer terug oor jou
lewe en jou denke deur blatant en voortdurend oorwinning oor jouself te
spreek. Sodoende posisioneer jy nie net
jou gedagtes nie, maar ook jouself vir geestelike seëninge.
Is dit nie ‘n fantastiese plek om te wees nie?
No comments:
Post a Comment