Filippense 4 : 11 Ek sê dit nie
omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te
behelp.
Wanneer ons so gefokus is op ons toekoms, staan ons
‘n kans om die eintlike doel vir ons lewe mis te kyk. Ons ontwikkel as’t ware oogklappe wat ons
daarvan weerhou om enige iets anders raak te sien. Indien
ons dan nie ons doel bereik nie, ervaar ons dat geluk ons bly ontwyk. Met ander woorde, ons geluk hang af van wat
ons bereik. Die teenoorgestelde is dus
ongelukkigheid.
Sodra ons drome en doelwitte ons begin frustreer,
moet ons besef dat ons balans versteur is… dat ons te afhanklik daarvan is… dat
dit ons beheer. So hoe
nou gemaak? Laat gaan. “God, ek gee dit
alles oor aan U. U ken die begeertes van
my hart, maar meer nog, U weet wat die beste vir my is. Ek kies om U te vertrou, dat U sal weet
wanneer ek gereed is hiervoor.
Sodra ons leer om tevrede te wees met ons
omstandighede, verloor die vyand sy greep op ons lewe. Dan het dit nie meer die mag om ons te beheer
of frustreer nie. Deur oor te gee, bewys ons dat ons God vertrou. Wanneer jy God vir die regte tydsberekening
vertrou, sal jy met vrede en vreugde gevul word, wel wetend dat God net goeie
planne vir jou het en dat dit op die punt staan om te gebeur.
No comments:
Post a Comment