Matteus 6 : 12 en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe
wat teen ons oortree;
Ek weet nie van jou nie, maar daar is tog dinge wat
ek in die verlede gedoen of gesê het waaroor ek spyt is. Dit is dan nodig om na die persoon te gaan
wat jy tenagekom het en omverskoning tevra.
Of jou verskoning aanvaar gaan word, is ‘n ander saak. Ek glo ons vra juis verskoning omdat ons hoop
en glo die ander persoon sal ons misstap oorsien/vergewe. Stel jou nou voor jy het deur die hele proses
gegaan, net om te hoor dat jammer ongelukkig nie alles gaan regmaak nie of dat
dit nie genoeg is nie.
Daar is mense wat eenvoudig nie kan, of wil,
vergewe nie. Ek kan nie oordeel nie,
want ek is nie in jou situasie nie. Wat
ek wel weet is dat ons almal feilbaar is en almal iewers iets gaan doen waaroor
ons berou het. As ons dan verwag om
vergewe te word, hoekom kan ons nie ook vergewe nie.
Sukkel jy ook om te vergewe? Dalk is jy ook iemand wat daardie rympie
sing: “Ek sal hul vergewe, maar vergeet…
nooit.”
Vergifnis is nie ‘n eenrigtingstraat nie. Dis ‘n wedersydse gebaar… ‘n gebaar van
genade. God begenadig ons oor en oor en
daarom kan ons ook ons medemens begenadig.
Vergeef en spreek vry.
No comments:
Post a Comment