Filippense 1 :
28 en julle in geen opsig deur die
teenstanders laat afskrik nie. Dit is vir hulle 'n teken van húlle ondergang en
van júlle redding, en dit kom van God.
Wanneer God aan
jou kant is, hoef jy nie geintimiteerd te voel deur die vyand nie.
Jou vyand is
dalk kanker… dit staan nie ‘n kans teen God nie. Siekte kan jou nie distansieer
van God nie. Hy het jou in die palm van Sy hand. Niks kan jou daaruit gryp nie. As dit nog nie jou tyd is om te gaan nie, is
daar geen manier wat jy sal gaan nie.
Selfs jou
vyand, finansies, staan nie ‘n kans teen God nie. Daar is ‘n salwing oor jou lewe wat jou
beskerm en bemagtig. God self het jou
met krag deurweek. Dit is hoekom die
skrif jou ook herinner dat jy tot alles in staat is deur Hom wat jou die krag
gee.
Gaan vandag uit
met jou kop omhoog en jou bors breed uitgestoot. As God vir jou is, wie kan immers teen jou
wees. Die vyand staan nie ‘n kans teen
die Almagtige God nie. Jy is bemagtig en
toegerus vir oorwinning.
Moenie vir een
oomblik voel dat jy geintimmideer word nie.
No comments:
Post a Comment