Spreuke 19 :
21 Al maak mense hoeveel planne, wat die
Here besluit, staan vas.
Wanneer ons Die
Bybel lees, besef ons wat ‘n meester beplanner God is. Om die aarde in 6 dae te maak, verg sekerlik
meesterlike beplanning, maar dit is nie waar God geeindig het nie. Hy weet verseker ook wie jy in jou lewe nodig
het en wie vir jou deure kan oopmaak. Hy
weet wie vir jou ‘n goeie woordjie sal doen en wie by jou sal staan deur dik en
dun. Sekere mense kruisjou pad om ‘n
spesifieke rede, op ‘n spesifieke tyd.
Hulle is die Engele wat Godoor jou padstuur. God het alles mooi beplan en uitgewerk. Hy is nie vaag of skarrel rond om dinge wat
verkeerd loop gou anders te laat verloop nie.
Jou lewe word tot op die laaste sekonde georkestreer sodat jy jou
goddelik bestemde potensiaal kan bereik.
Kyk maar terug
oor jou lewe. Keer op keer sal jy sien
hoe God jou voetstappe gerig het en jou bepaalde situasies laat vryspring
het. ‘n Sekonde te vroeg of te laat en
dinge kon heel anders verloop het. Al
wat jy hoefte doen is om getrou aan Hom te bly en toe te laat dat Hy jou lewe
rig. Sy plan vir jou staan vas en behels
veel meer as waaroor jy kon droom of hoop.
No comments:
Post a Comment