1 Tessalonisense 5 : 15 Sorg dat niemand 'n ander mens kwaad vir kwaad
vergeld nie. Beywer julle liewer altyd vir die belange van julle medegelowiges
en van alle mense
In Galasiërs 5, lees ons van die vrugte van die
gees (liefde,
vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid). Hierdie vrugte is geestelike kwaliteite wat
manifesteer in ons lewens wanneer ons God toelaat om in en deur ons te werk. Mettertyd omvorm die vrug van die gees ons tot
‘n beter mens.
Goedhartigheid en vriendelikheid is twee van die
vrugte van die Gees. Hoe meer goedhartig
ons teenoor ander is, hoe meer geleentheid is daar vir hulle om God deur ons te
sien. Hoe vriendeliker ons teenoor mense
is, hoe meer reageer ons soos God. Ons
weet ook dat dit wat ons saai, ons ook sal maai. Hoe ons dus teenoor ander optree, is hoe
mense ook teenoor ons sal optree.
Vind vandag maniere om goedhartig en vriendelik
teenoor andere te wees, selfs al ervaar jy nie dieselfde behandeling van hul
nie. Moenie kwaad met kwaad vergeld
nie. Styg uit bo omstandighede. Bewys liefde aan hul wat dit die minste
verwag en jy sal uiteindelik veel meer terug ontvang.
No comments:
Post a Comment