Romeine 13 : 11 En dit alles is nodig
omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die
slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as
toe ons tot die geloof gekom het.
Soveel van ons leef ‘n lewe waar ons oorweldig
is deur die eise van ons tyd. Ons is
uitgeput, leef van pille en maak psigiaters en sielkundiges skatryk. Vir party mense is dit so erg dat ek glo hul leef
nie eens meer nie. Hul haal asem en doen
wat van hul verwag word, maar hul is lankal dood van binne.
As dit jy is, is dit hoog tyd dat jy jou lewe terugneem. Laat ek jou bemoedig om jouself te verhef bo
die dinge wat jou terughou. God sê: “Ontwaak my kind, ek wil jou nie langer in
hierdie omstandighede sien nie. Jy’t
lank genoeg rondgeploeter. Dis tyd om
jou volwaardige plek in te neem."
Wat is die essensie hiervan?
As gelowige ploeter jy nie voort nie, jy leef voluit. Jou redding is naby, en so ook jou
uitkoms. Die tyd vir jou om gelukkig te
wees, is hier. Die tyd vir jou om
daardie spesiale iemand te ontmoet, is hier.
Soos wat jy op ‘n afstand ‘n braaivleisvuur kan ruik, so kan jy jou
deurbraak as’t ware ‘ruik’.
Dis opwindend, is dit nie?
No comments:
Post a Comment