2 Timoteus 1 : 7 Die Gees wat God
ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en
liefde en selfbeheersing
God se begeerte is dat jy voortdurend groei, dat jy
voortdurend hoër hoogtes vir jou lewe bereik. Baie keer gebeur dit dat ons
besluit om God te vertrou, net om deur die vyand anders oortuig te word.
Sodra jy gedagtes ervaar soos: “wat as ek misluk” “wat as ek dit nie maak
nie” “wat gaan ander van my dink” “jy is nog nie gereed nie”, kan jy maar weet
dit is nie van God nie. God glo in jou,
want Hy’t jou gemaak en ek glo nie God het jou met defekte gemaak nie.
Die Bybel sê vrees is ‘n gees. Dit speel op ons
emosies en hou ons terug. Die goeie nuus
is egter dat jy die mag het oor vrees.
Volgens die woord sal liefde vrees oorwin. Wanneer ons God se liefde ontvang, het ons
vertroue in die toekoms omdat sy planne vir ons net goed is. Vrees is ‘n leuen. Kies vandag om God te glo
en ontvang Sy liefde sodat jy vrees kan oorkom en vorentoe kan beweeg om jou
toekoms tegemoet te gaan wat God vir jou voorberei het.
No comments:
Post a Comment