Eksodus 14 : 14 Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.
Dit is seker een van die moeilikste dinge om te
doen. Dit is amper asof ons
geprogrammeer is om te reageer; om iets
te doen! Ons kan eenvoudig nie niks doen
nie.
Soms is dit nodig om stil te word en God volkome te
vertrou. Indien jy jouself vang dat jy
wil ‘doen’, gebruik daardie tye om te bid.
Dit is al wat nodig is. God is in
beheer. Hy is volkome in staat om die
situasie te hanteer.
Terwyl jy bid, dwing dit jou om te fokus. Jou hele wese word op God gerig en
gefokus. Stadig maar seker kom alles in
fokus. Gebed klink na ‘niks-doen’
wanneer die wêreld om jou vergaan, maar dit is die kragtigste ‘daad’ wat jy kan
verrig.
Onthou niks kan kers vashou met God nie. Hy beskik oor al die mag en die krag wat jy
nodig het om uit hierdie situasie te kom.
Hy het vir Josua die son laat stilstaan.
Vir Daniël het hy die leeus se bekke gesluit. Vir Dawid het hy vernuf gegee om die reus te
oorwin. God sal vir jou deurkom. Dink jy dit waardeur jy gaan is vir Hom
onmoontlik?
No comments:
Post a Comment