Spreuke 4 : 23 Wees veral
versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.
Verkoopskonsultante het die geleentheid om vir
hulself naam te maak. As jy suksesvol
is, is dit die beste plek om te wees, want jy word raakgesien. Daar is ook gewoonlik baie aantreklike
aansporings pryse. So het ek een keer die
geleentheid gehad om vir ‘n oorsese reis te kompeteer. Die wenners en hul maats, sou sewe dae in
Mauritius gaan ontspan. Vandat die oomblik
dat die kompetisie aangekondig is, het ek gesê:
“Ek gaan wen.” Om my te motiveer
het ek ‘n eilandtoneel as ‘screen saver’ op my rekenaar gehad. Elke dag as ek my rekenaar aanskakel het die
eiland prentjie my herinner aan my doel.
Dit was ‘top of mind’.
Ons verbeelding is ontsettend kragtig. God het ons geskep as viuele wesens. Om die regte beelde voor jou geestesoog op te
roep, veroorsaak dat jy beweeg in die rigting van jou mees dominante denke. Dit wat jy voortdurend sien, verskuif later
na jou hart en eventueel word dit ‘n realiteit.
Stel jou nou voor dat jy die beeld oproep wat God
van jou het. Dieselfde beginsel geld. As
jy aanhoudend oor jouself dink soos wat God oor jou dink, gaan jou lewe in
daardie rigting beweeg. Kry jougedagtes
in lyn met God se Woord en mediteer daarop sodat jy meer en meer daardie beeld
kan oproep wat Hy van jou het. Sien elke
oggend hoe jy daardie dag sukses gaan behaal.
Terloops, ek het die kompetisie gewen en sewe
wonderlike dae in Mauritius saam met my man en die res van die wenners
deurgebring. Alles is vir ons betaal en
ons het soveel sakgeld gekry dat ons dit nie eens kon opgebruik nie. Ons het die mooiste herinneringe
teruggebring, maar bo alles het ek die krag van visualisering ontdek.
No comments:
Post a Comment