Romeine 4 : 20 Hy het nie in
ongeloof begin twyfel aan die belofte van God nie, maar hy is in sy geloof
versterk en het aan God die eer gegee.
Wanneer jy die verhaal van Abraham lees, weet jy
dat Abraham se omstandighede buite sy beheer was. Hy was reeds te oud om kinders te hê, en tog
het God hom beloof dat hy ‘n seun sou hê.
Kyk ‘n bietjie wat Abraham gedoen het terwyl hy gewag het dat God se
beloftes realiseer. Hy het God geëer en
gegroei in geloof. Elke oggend het hy
opgestaan en gesê: “Dankie, Here vir u
getrouheid. Dankie dat my seun op pad
is. Abraham het God bly dank vir dit wat
deur die gees aan hom geopenbaar is en die verhaal eindig op ‘n gelukkige noot,
want klein Isak is gebore.
Net soos met Abraham, het God ook in jou hart drome
geplaas. Hy het ook oor jou beloftes
gespreek. Jy wil so graag glo dat dit
gaan waar word, maar dit lyk op hierdie stadium onmoontlik.
Daar is eintlik nie
‘n manier wat dinge kan uitwerk nie. God sê vandag vir jou: “Wat ek begin het, sal ek klaarmaak. Volg Abraham se voorbeeld. Loof God vir die deurbraak terwyl jy
wag. Dis een manier om jou geloof te
versterk. Hou aan bid… hou aan glo… hou aan hoop. Binnekort sal jy sien hoe God die water voor
jou oë in twee skei.
No comments:
Post a Comment