Jesaja 55 : 9 soos die hemel hoër
is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo
julle gedagtes
So baie kere het ons ons eie idees omtrent hoe
dinge in ons lewe behoort te verloop.
God se manier van doen en dink, is nie noodwendig hoe ons oor dinge dink
of verwag dit moet gebeur nie. Petrus
het geld nodig gehad om belasting te betaal.
Ek en jy sou dink dat Jesus in staat sou wees om sy hand te swaai en
woeps daar lê die geld. Jesus stuur
egter vir Petrus viswaters toe. “Gaan
vang ‘n vis, maak die vis se bek oop en daar sal jy die geld vind!” God kon Sy Seun aarde toe gestuur het soos hy
vertrek het… op ‘n wolk, maar nee, hy laat Jesus baar deur ‘n maagd!
God kan dus dinge op die mees onkonvensionele
maniere laat uitwerk. Jy doen dalk al
maande aansoek vir werk en gee uiteindelik moed op. Uit die bloute bel iemand jou met ‘n
werksaanbod! Julle hoop al so lank op ‘n
eie kindjie, maar niks gebeur nie. Net
sodra jul hoop opgee, raak jy swanger.
Met God moet jy nie eens probeer om dinge te
verstaan nie. Jy moet eenvoudig glo. In
die Engelse Bybel… in Spreuke, lees ons:
“Lean not to your own understanding.”
Soms is daar eenvoudig nie ‘n logiese verklaring nie. Skakel eenvoudig jou verstand af. Net omdat jy geen uitkoms sien nie, beteken
nie dat daar geen uitkoms is nie.
No comments:
Post a Comment