Romeine 10 : 17 Die geloof kom
dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die
verkondiging van Christus.
Volgens die Skrif het elke persoon ‘n mate van
geloof ontvang. Kom ons vergelyk dit met
‘n saadjie. As elkeen van ons ‘n saadjie
ontvang, gaan party dit plant. Ander
gaan nie eens moeite doen nie. Van die
wat geplant word, gaan party die plantjie vertroetel totdat en versorg en
uiteindelik iets oes. Ander sal dalk
flink wegspring, maar later vind dis te uitputtend en opgee.
Net so kan geloof slegs groei en meer word as jy
daaraan werk. En net so sal party vasbyt
terwyl ander met die eerste teestand gaan opgee. Hoe gaan ons, ons geloof laat groei? Deur God
se woord te lees en te lees en te lees… en deur deurentyd te bid. Sodoende leer ons God se hart ken en so ‘n
klein bietjie van Hom verstaan. Hoe meer
jy die Bybel lees, hoe meer breek die woord oop en vind jy klein brokkies wat
jou bemoedig en inspirer. Jy sien hoe
getrou God is. Jy sien waartoe Hy in
staat was en hoe Hy deur al die eeue presies dieselfde gebly het. Jy leer dat God nie kan jok nie, dat Hy
getrou aan Sy beloftes is. En as jy jou weer kom kry, vertrou jy Hom en glo jy
volkome in Hom.
Net soos daardie saadjie water en versorging nodig
gehad het, net so het ons geestelike voedsel nodig. Jou geloof moet gelawe word deur geestelike
water. Skryf dit neer, lees dit oor en oor.
Laat toe dat Sy waarheid jou vul en vrymaak sodat jy absolute
geloofsvryheid kan beleef.
No comments:
Post a Comment