Markus 2 : 22 “Niemand gooi ook nuwe wyn in ou velsakke nie, want dan
laat die wyn die sakke oopbars, en die wyn sowel as die sakke gaan verlore.
Nuwe wyn word in nuwe sakke gegooi.”
Is jy gereed vir die volgende vlak… geestelik,
fisies en emosioneel? Soms hoor ons dat God meer vir ons in stoor het en ‘n
flammetjie van hoop begin flikker. So
kom die Gees in lyn met God se wil, maar ander kere word ons met twyfel
gevul. Dan dink ons: “Dit sal nooit gebeur nie… Alles is teen my… Ek het die dokter se
verslag gesien en sy woorde gehoor… dis finaal…”
Hoor vandag God se hart. Dis die ou wynsakke… dis die ou manier van
dink en dit moet afgeskud word. Hierdie
is ‘n nuwe seisoen. Wat gebeur het,
behoort tot die verlede. Al die
teleurstellings… al die kere wat ek dit nie gemaak het of dinge nie uitgewerk
het nie… dis verby. God is steeds in
beheer. Ek gaan my denke vernuwe en ‘n nuwe
visie vir my lewe kry. Hierdie hoofstuk
is afgesluit. My denke is vernuwe en ek is gereed vir die nuwe avontuur.
No comments:
Post a Comment