Psalm 34 : 2 Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof
sal altyd op my lippe wees.
Wanneer jy wakker word in die oggend, wat is jou
eerste gedagte? Sug jy en dink
onmiddellik aan al jou probleme… aan nog ’n moeilike dag wat voorlê… sien jy op
na die dag? Dalk reken jy selfs gou uit
hoeveel ure voor jy weer by die huis kan wees… jou hawe van veiligheid.
Of verwag jy God se goedheid? Sê jy vir jouself: “Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat
ek daaroor juig en vrolik wees. Ek kan
nie wag om te sien watter verrassings God vir my in stoor het nie. Jipee!
Laat hierdie dag begin.”
Dit maak nie saak wat gister, verlede week, verlede
maand of verlede jaar gebeur het nie.
Vandag is die begin van die res van jou lewe. Jy beskik oor die vermoë om ‘n verandering te
bewerkstellig. Alles mag teen jou wees. Miskien
het jy min geleenthede gehad of dalk het jy nie eens al die geleenthede gebruik
wat oor jou pad gekom het nie. Verwyte
en spyt behoort tot die verlede. Van hierdie oomblik kyk jy vorentoe.
No comments:
Post a Comment