Matteus 21 : 21 Daarop antwoord
Jesus hulle: “Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal
julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir
hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur.
Ek het ‘n berg in my lewe, maar ek weet goed ek is
nie die enigste mens met ‘n berg nie.
Elkeen van ons het een of ander berg.
Dit sal maklik wees om met jou te praat oor my berg. Ons kan lekker derms rei gen elkeen kan sy
prentjie so goed moontlik skilder. Op
die ou einde gaan ons ‘n hele gallery prentjies hê. Ons kan praat tot die perde huis toe kom,
maar ongelukkig gaan dit niks aan ons situasie verander nie. Wat meesal gebeur is dat die situasie al
erger lyk, hoe meer jy daaroor praat. Op
die ou end is dit al waaroor jy kan dink.
Praat met God daaroor. “Here, U ken my situasie. U weet hoe hopeloos
dit lyk, maar dierbare Here, Ek weet dat U hierdie probleem kan omkeer. Hemelse Vader, verwyder elke gryntjie twyfel
en ongeloof uit my hart. Vul my met
Goddelike geloof en vertroue. Van hierdie
oomblik af glo ek wat U in my hart plaas.
Ek vul my gedagtes met gedagtes van hoop. Uit my mond kom positiewe woorde en
lofprysing. Dankie Hemelse Vader dat ek
my vertroue in U kan plaas. Ek vra dit
nie uit verdienste nie, maar enkel en alleen uit genade. Amen.”
No comments:
Post a Comment