Genesis 44 : 1 “Maak die
graansakke van die manne vol met net soveel kos as hulle kan vervoer,
As ouers is dit belangrik dat ons kinders besef en
sien dat ons vir elkeen ewe lief is. ‘n Kind kan so maklik glo dat hy of sy
minder geliefd is en klein dingetjies opblaas wat hul laat glo dat een kind
voorgetrek word.
Josef is gebore toe Jakob al op ‘n hoë ouderdom
was. Hy was baie lief vir hierdie seun
en het vir hom mooi klere met lang moue gemaak, lees ons in Genesis 37 :
3. Dit het egter veroorsaak dat sy
broers nie juis mal oor hom was nie. Hul
het ‘n afkeer in hom ontwikkel.
Ons weet dat boeties en sussies soms soos katte en honed
kan baklei, maar Josef se broers het dit een stappie verder geneem. Op ‘n dag het hul besluit om vir goed van hom
ontslae te raak deur hom in ‘n put te gooi.
Hulle het seker nooit besef dat hul eintlik maar net deel van ‘n groter
plan was nie. God het beter dinge in
gedagte gehad vir Josef. Josef sou in
die koning se paleis opeindig en hy sou die een word wat sou sorg dat hierdie
einste broers nie in ‘n land wat deur hongersnood geteister word, omkom nie.
Te midde van jou donkerste tye is God steeds
teenwoordig en aktief in jou lewe. Hy
laat jou nooit in die steek nie en Hy kan enige situasie tot jou voordeel
gebruik.
No comments:
Post a Comment