Jesaja 50 : 4 Die Here my God het
my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed
inpraat.
Enige iemand wat al iemand anders moes troos, sal
weet dat daar tye kom dat jy eenvoudig nie die regte woorde het nie. Miskien is dit omdat ons altyd voel ons moet
iets sê. En meesal eindig ons op deur
vir die persoon van ons eie ervaring gedurende ‘n soortgelyke situasie te
vertel. Wanneer iemand rou en seer is,
wil hul nie jou storie hoor nie. Soms
moet jy net daar wees.
Woorde is belangrik, wanneer jou woorde Sy woorde
is. Daar is mense wat God oor jou pad
bring juis omdat Hy wil hê dat jy hul deur jou woorde nuwe moed gee. Ek is geseënd met so ‘n vriendin. Soms sal ek
vir haar vertel waar ek gefaal het en dan bring sy my terug na God se woord en
sy laat my insien hoe die situasie vir God tot eer kan strek.
Ons kan ook woorde gebruik om ons eggenoot of
kinders te verseker van ons liefde. Soms
praat ons aanhoudend, maar ons sê eintlik niks nie. Praat eerder minder, maar maak seker jou
woorde bou, eerder as wat hul merke laat of afbreek.
No comments:
Post a Comment