Genesis 3 : 19 net deur harde
werk sal jy kan eet
My keel trek toe as ek sien hoe ons universiteite
gevandaliseer word. Dit breek my hart
dat mense wat nooit enige finansiële bydrae tot die opbou van hierdie
geskiedkundige instansies gemaak, dit so min respekteer. Hul voel vere vir universiteite en kampusse
waar vele voorgangers se toekoms geslyp en gevorm is.
Jare reeds veg en sterf mense vir die reg tot
opvoeding. Nelson Mandela het ons
herinner hoe geleerdheid die wêreld kan verander.
Drizzy Bergh is ‘n 27 jarige trokdrywer van
Touwsrivier. Hy vra reguit hoekom mense
wat vir dokters, prokureurs en rekenmeesters studeer, so onnosel is om hierdie
plekke af te brand, net omdat hul kan. Hy wil hê hul moet die geskiedenisboeke
oopslaan en kyk waarvoor hul voorvaders geveg het. Waar gaan die geld vandaan kom om dit wat hul
vernietig te herbou en dit terwyl hul boonop aandring op gratis geleerdheid. Drizzy, jy herstel my vertroue in die jeug.
Kom ons veronderstel die regering gee toe en daar is gratis tersiêre opleiding… vir almal. Wat gaan
die volgende eis wees? Gratis medies… data…
kos… motors… huise? Solank as wat ons
mense getrou probeer hou met ‘handouts’, is dit wat ons gaan kry. Daar is geen respek en geen waardering vir
enige iets nie, net ‘n reg om alles toe te eien en deur te trek.
Sedert Adam en Eva se sondeval, is die mens gedoem tot werk
vir dit wat ons wil hê. Ons het die reg om agteroor te sit en ontvang verloor
tensy ek Die Bybel verkeerd verstaan.
No comments:
Post a Comment