Deuteronomium 11 : 12 Dit is 'n
land waarvoor die Here jou God sorg: van nuwejaarsdag af tot oujaarsdag toe hou
Hy ononderbroke sy oog daaroor.
Het dit al vir jou gevoel asof jy ver van God af is? Dalk voel jy op die oomblik so. Miskien was jy op ‘n tyd naby God; het jy hom
met jou hele hart gedien, maar toe dwaal jy af.
Dit kan so maklik gebeur. Om God
te dien, verg toewyding en in ons gejaagde lewe is daar genoeg om ons aandag af
te lei, om nie eens van versoekings om elke hoek en draai te praat nie. So nou voel jy of God ver is. Die konneksie met hom is nie daar nie.
Wat volgende gebeur is dat jy voel God gee nie om nie. Net omdat jy ver van Hom voel, beteken nie
vir een oomblik dat Hy opgehou het om vir jou om te gee nie. Hierdie skrif is vir my ontsettend mooi. Van nuwejaarsdag tot oujaarsdag en elke
enkele dag tussenin… sorg Hy.
Jy kan nie van God afdwaal nie, want Hy sal dit nie toelaat
nie. Hy het jou te lief. Hy gee te veel om.
No comments:
Post a Comment