Matteus 21 : 22 As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die
gebed vra.”
‘n Vriend van my sê altyd: “There are no free lunches in Cape Town.” Wat hy daarmee bedoel is dat niks regtig
verniet is nie. Aanvanklik mag dit dalk
verniet wees, maar iewers gaan jy betaal.
Betaal is immers die wet van Transvaal.
G’n wonder dat ons nie kan glo dat God nie geld
aanvaar vir enige iets nie. Ons kan nie
eens werk daarvoor deur goeie dade te verrig nie. Jou plek in die hiernamaals kan jy nie koop
nie, al het jy ook Bill Gates se bankbalans. Nou hoe gemaak om in die hemel te kom? Geloof. Geloof is die hemelse betaalmiddel…
die enigste betaalmiddel.
Geloof kan berge versit, deure oopmaak, ook
geestelike deure. Wat meer is, dit
vermurwe God se hart. Hy kan nie weier
as Hy ware geloof aanskou nie. En moet
nou nie dink dat jy dan net sowel kan opgee, want jy’t nie genoeg geloof
nie. Nee, Romeine leer ons dat geloof
kan groei. Dit groei soos jy God se
Woord hoor. Hoe meer jy dit hoor, hoe
meer groei jou geloof. En dan besef jy
dat jy God kan vertrou met klein en groot versoeke, want dit is al wat Hy van
jou verwag om in beweging te kom.
No comments:
Post a Comment