Efesiërs 2 : 10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus
Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons
bestem het.
Ek wens ek kon jou oortuig dat God vir jou net
voorspoed beplan. Waar jy jou op die
oomblik bevind, is dit dalk moeilik om te glo, maar dit is so.
Toe God hierdie planne vir jou gemaak het, het hy
alreeds die regte mense in gedagte gehad.
Hy het elke skuif haarfyn beplan.
Die regte geleenthede en deurbrake is opgelyn. Hy het alreeds die guns en bonatuurlike
geleenthede vir jou gereed. Dit waarop
jy hoop, waarvan jy droom, is alreeds bestem om jou pad te kruis.
Hoekom gebeur dit dan nie? Jy moenie moed opgee of moedeloos handdoek
ingooi nie. Fokus jou energie op vaste
geloof en word ‘n persoon wat alles wat jy aanpak met oortuiging doen. Selfs daardie minderwaardige taak wat jy so
teen opsien, doen dit. Maar moet dit nie
met wrewel in jou hart doen nie, doen dit met ‘n lied in jou hart. Jy mag dit dalk as ‘n vloek beskou, of
misbruik, of onregverdig… God sien dit as nog ‘n tree tot waar Hy jou
uiteindelik sien. Tree vir tree nader jy
jou seisoen van guns.
Op ‘n dag gaan jy terugkyk en sien hoe God jou
veilig tussen al die ‘ysberge’ deur gestuur het.
No comments:
Post a Comment