Wens jy ook partykeer jy kan God se stem hoor? ‘n Vriendin van my sê altyd, sy’t nou al so
gebid dat sy enige oomblik ‘n sms of email van Bo verwag.
Ek moet erken ek wil Hom ook hoor soos wat Hy met
Moses, Dawid, Elia en vele ander gepraat het.
Soms probeer ek my indink hoe die lewe saam met Jesus destyds moes
wees. Oh my word, ek sou soos ‘n
verliefde tiener al agter Hom aangeloop het en aan Sy lippe gehang het elke
keer dat Hy ‘n gelykenis sou vertel.
Terug na die werklikheid. God praat wel vandag nog met ons, maar op ‘n
Goddelike manier, d.m.v. Sy Gees.
Joël 2 : 28 – 32 Wanneer dit
alles gebeur het, sal Ek my Gees laat kom op al die mense, julle seuns en julle
dogters sal as profete optree, julle oumense sal drome droom, julle jong mans
sal visioene sien. In daardie tyd sal Ek
my Gees laat kom selfs op dié wat nie in aansien is nie. Ek sal tekens gee, in die hemel en op die
aarde: bloed, vuur en rookwolke. Die son
sal donker word, die maan bloedrooi en dan sal die groot, die vreeslike dag van
die Here kom. Elkeen wat die Naam van
die Here aanroep, sal gered word. Op Sionsberg en in Jerusalem sal daar uitkoms
wees. So het die Here beloof. Dié wat deur die Here geroep is, is by dié wat
gered is.
No comments:
Post a Comment