Norman
Cousins het gesê: "Iemand wat doodgaan, is nie die grootste verlies in die
lewe nie. Die grootste verlies is dit wat binne-in ons sterf terwyl ons steeds
leef.
Spreuke 14:10 Net 'n mens
self ken die bitterheid van sy eie gemoed, en ook in sy vreugde kan niemand
anders voluit deel nie.
Nou wil ek
vir jou vra: “Wanneer jy saans in die
bed klim en terugkyk op jou dag, voel dit vir jou asof jy elke oomblik ten
volle benut het of voel jy so bietjie skuldig oor ‘n dag wat eintlik vermors
is?” Net jy ken natuurlik die antwoord.
Daar word
gesê ‘n mens besef eers die waarde van tyd wanneer jy op jou sterfbed lê en
wens dat jy net nog tyd gehad het om dit te doen waarvoor jy natuurlik nooit
tyd gehad het nie.
Ongelukkig,
moet ons erken, is ‘n gebrek aan tyd nie altyd die oorsaak dat sekere dinge
agterweë bly nie. Meeste van ons is
skuldig daaraan dat ons nie elke sekonde tot ons beskikking ten volle benut
nie. Hou jouself dop en let op hoeveel
kosbare minute onproduktief verbytik.
No comments:
Post a Comment